Delgado-aangeleentheid is blatante diskriminasie

Die medestigter van die Namibian Equal Rights Movement Omar van Reenen het lede van die publiek gevra om ondersteuning aan Guillermo Delgado, die eggenoot van die Namibiër Philip Lühl vanoggend by die hooggeregshof te bied. Delgado appelleer vandag teen ‘n beslissing in die hoërhof om hom verblyfreg te weier omdat sy huwelik aan ‘n Namibiese man nie erken word nie. Van Reenen sê dis blatante diskriminasie…