Enyobeni-ouers gee owerhede tot môre vir toksikologieverslag

Die ouers van die slagoffers van die Enyobeni-tavernetragedie het owerhede tot môre tyd gegun om die uitslae van die voorlopige toksikologieverslag aan hulle te oorhandig. Volgens die verslag was daar metanol in die bloed van die 21 slagoffers wat in Junie by die taverne in Scenerypark in Oos-Londen dood is. Volgens die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het hulle meer tyd nodig om die verslag af te handel. Een van die ouers, Ntombizonke Nkangala, sê hulle is ongelukkig oor hoe die ondersoek hanteer is: