NTB stel nuwe webtuiste bekend

In ‘n poging om die toerismebedryf te laat herleef, het die Namibiese Toerismeraad ‘n nuwe webtuiste-digitale bemarkingsveldtog en buitelandse sending hulpmiddelstel bekendgestel, wat daarop gefokus is om verbruikersvertroue te herbou om ‘n vinnige reisherstel te bevorder. Met die bekendstelling het die toerisme minister Pohamba Shifeta, gesê die webtuiste, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar, is deel van die raad se bemarkingstrategie wat daarop gemik is om uitvoerbare inisiatiewe te ontplooi wat geoormerk is om reis en toerisme te laat herleef, veral na Covid. Volgens Shifeta ding Namibië mee teen talle ander lande om internasionale besoekers te lok en aanlyn is die beste platform om mense te bereik.