Michael Jordan se trui word opgeveil

Die basketbal-legende, Michael Jordan, se trui wat hy in 1998 in die NBA-eindstryd gedra het, gaan volgende maand opgeveil word. Dit sal na verwagting tussen 48 en 81 miljoen Namibiese dollar haal wat die meeste is waarvoor enige Jordan-gedenkwaardigheid nog verkoop is. Die ikoniese rooi Chicago Bulls-trui met Jordan se nommer 23 op die rug, is slegs sy tweede trui wat opgeveil word wat hy tydens sy ses kampioenskappe gedra het. Die afslaer Sotheby’s sê die 1997-1998 seisoen is moontlik een van die gewildste onder Jordan-bewonderaars omdat dit die hoogtepunt van sy loopbaan was.