Entstof van nuwe bek-en-klouseer-variant ontvang

Die Namibiese landbouministerie het entstowwe ontvang vir die nuwe bek-en-klouseer-variant wat in die Zambezi-streek uitgebreek het. Volgens kenners is hierdie variant dodeliker in vergelyking met vorige bek-en-klouseer uitbrekings. Jona Musheko van die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die entstowwe sal nou versprei word.