Chaos heers tydens volksmoordbesprekings in parlement

Chaos het vanmiddag in die Nasionale Vergadering geheers toe die volksmoord-onderhandelinge veronderstel was om onder bespreking te kom. Voordat die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, sy verklaring oor die volksmoord klaar kon lees, is hy deur parlementslede van die opposisieparty onderbreek en die speaker, professor Peter Katjavivi het sy hande vol gehad om die lede onder beheer te bring.