Studies dui aan San-leerders verlaat skool vroeg

Studies en statistieke dui aan dat talle San-leerders in die Omaheke-streek nie hul skoolloopbane voltooi nie, asook dat daar verskeie maatskaplike kwessies onder laerskoolleerders is. ‘n Lektor in rekenaarwetenskap van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Rosetta Kays, het ‘n prototipe mobiele platform vir berading vir laerskoolleerders in die Donkerbos-nedersetting in die streek ontwikkel om hulle te help met maatskaplike kwessies. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, het haar reaksie oor vroeë skoolverlaters so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.