Entstof met deaktiveerde Covid werk goed

‘n Nuwe Covid-entstof wat ‘n gedeaktiveerde vorm van Covid bevat, is effektief teen die Delta-variant. Die entstof is in China in Mei-maand ontwikkel en getoets in Guangzhou tydens ‘n uitbraak in die stad. Die Chinese epidemioloog Zhong Nanshan, en sy medenavorsers het bevind dat twee inspuitings beskerming van 59 persent teen Delta bied, met net meer as 70 persent met ‘n ligte infeksie en 100 persent in ernstige gevalle. Die enkelspuit het net 13,8 persent beskerming gebied. Die studie is in die Emerging Microbes and Infections-joernaal gepubliseer.