Studieskuld weer in die nuus

Reaksie word ontvang op berigte dat die Amerikaanse President Joe Biden net minder as 6 miljard Amerikaanse dollar in studieskuld vir studente met gestremdhede sal afskryf. Net meer as 323 000 studente sal voordeel hieruit trek. Plaaslik word daar ook ‘n beroep op owerhede gedoen om studieskuld af te skryf veral omdat daar min werksgeleenthede is vir gegradueerdes. Kosmos 94.1 Nuus het met Ester Shakela, woordvoerder van die studente organisasie Nanso gepraat…