Groot opgewondenheid oor MTC en die NSX

Daar heers groot opgewondenheid oor die Namibiese effektebeurs wat toestemming gegee het vir MTC om op die beurs te lys. Die maatskappy, wat uitstekend presteer, sal 49 persent van sy aandele verkoop, en dit is die grootste notering sedert die bestaan van die NSX. Daar word verwag dat die maatskappy voor einde November sal noteer. Die NSX se hoof uitvoerende beampte, Tiaan Bazuin het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.