Graad 11 en 12 leerlinge se sertifikate op 19 Julie gereed

Die Namibiese onderwysministerie sê dat alle graad 11 en 12 leerlinge wat hulle nasionale eksamens in 2021 geskryf het kan hulle sertifikate by die sentrums en skole waar hulle die vraestelle afgelê het, vanaf 19 Julie afhaal. Die ministerie maan ook leerders om nie hulle sertifikate te laat lamineer nie omdat daar verskeie sekuriteitskenmerke op die dokument aangebring is wat laminering negatief sal beïnvloed. Dit word ook as ‘n aanpassing op die dokument geag wat dit nie langer geldig maak nie.