Engeland se vroue skop veldtog met oorwinning af

Engeland het hulle Europese Vrouekampioenskap-veldtog met ‘n oorwinning afgeskop. Beth Mead het die enigste doel van die wedstryd aangeteken en die gasheerspan het Oostenryk gisteraand op Old Trafford in Manchester voor ‘n skare van 68-duisend-871 ondersteuners geklop. Dit was die grootste skare ooit vir ‘n Euro-vrouewedstryd. Die Lionesses, wat saam met Oostenryk, Noord-Ierland en Noorweë in Groep A is, wil hulle eerste groot toernooi wen. Die Engelse speler Ella Toone sê hulle moet nou momentum behou: