Beurtkrag bedreig landbousektor

AgriSA sê die voortslepende kragonderbrekings se uitwerking op die landbousektor en groter ekonomie hou ernstige gevolge in vir die voedselsekerheid en maatskaplike bestendigheid. Christo van der Rheede van die organisasie sê boere meld reeds reuseverliese aan omdat verwerkings-masjinerie, besproeiingstoerusting en ander masjinerie as gevolg van die beurtkrag breek of stilstaan. Hy sê die verlengde fase ses-vlakke bedreig die sektor se lewensvatbaarheid: