En daar’s darem nog een Rus wat bo-aan iets is

Die Russiese Daniil Medvedev het vandag die nommer een-posisie op die wêreldranglys by Novak Djokovic oorgeneem. Die Serwiër het 361 weke lank die boonste plek beklee, maar punte verloor toe hy nie aan die Australiese Ope kon deelneem nie en ook in die kwarteindronde van die Dubaise kampioenskap verloor het. Alexander Zverev van Duitsland is steeds nommer drie, terwyl die Spanjaard Rafael Nadal een posisie opgeskuif het tot vierde nadat hy gister die Mexikaanse Ope beklink het. Stefanos Tsitsipas van Griekeland is nou die vyfde beste speler ter wêreld.