DA wil weet hoekom Thandi partytjie hou met die Russe, op die dag van die inval

Die DA sê die dag van Rusland se inval in die Oekraïne het die buurland se minister van verdediging, Thandi Modise, haar departement se spesiale raadgewer, en die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ‘n skemerkelk-funksie in Pretoria bygewoon ter ere van die Russiese Weermag. Alle NAVO-lidlande het die geleentheid geboikot wat die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Ilya Rogachev, aangebied het. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê dit is ‘n aanduiding van President Cyril Ramaphosa se besluiteloosheid rakende die konflik: