Elton John is vandag 75

Om vandag sy 75ste verjaardag te vier, het Elton John vir die eerste keer ‘n digitale verwerking van sy album, Diamonds: The Ultimate Greatest Hits, op stromingsplatforms vrygestel. Die legendariese Britse popster het wêreldwyd meer as 300-miljoen plate verkoop en verlede maand sy eerste nommer een-enkelsnit in 16 jaar op die Britse trefferlys gehaal met Cold Heart, saam met die sanger Dua Lipa. John sê hy is ongelooflik gelukkig dat hy op 75 nog kan doen waarvoor hy lief is. Hy voeg by hy is steeds so opgewonde oor musiek.