Berei voor vir nog repokoers-stygings

Gegewe die algehele balans van ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, behoort die monetêre beleidskomitee se besluit om die uitleenkoers met 25 basispunte te verhoog, vir eers genoeg te wees. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons. Hy sê ‘n kumulatiewe styging in uitleenkoerse van 75 basispunte sedert November, plus die moontlikheid van verdere stygings in die toekoms, sal onvermydelik verbruikersbesteding en besteebare inkomste beperk: