Elektriese voertuie volgende jaar beskikbaar in SA

Suid-Afrikaanse verbruikers se gretigheid om elektriese voertuie te bekom, is besig om toe te neem met 72 persent van respondente in ‘n onlangse opname wat aangedui het hulle beplan om binne die volgende vyf jaar só ‘n omgewingsvriendelike voertuig aan te skaf. Dit is volgens die 2021 Opname van Elektriese Voertuigkopers wat deur AutoTrader en Smarter Mobility Africa gedoen is. Die uitslae van die opname is gebaseer op meer as 2 000 reaksies wat AutoTrader tussen Augustus en September 2021 ontvang het. Die verslag bied insig in verbruikers se persepsies, verwagtings, koopvoornemens, bewustheid en vertroue in elektriese voertuie in Suid-Afrika.