Otjivero-water: ons werk in fases

Inwoners naby die Otjivero informele nedersetting het hulle frustrasie uitgespreek oor ‘n watertenk wat reeds ‘n jaar gelede deur NamWater opgerig is vir gebruik deur die gemeenskap maar nog nie gekoppel is aan enige waterbron nie en dus, leegstaan. Die hoof van NamWater, Abraham Nehemia sê hy is bewus van die tenk en verduidelik die situasie.