Andy Murray smeek vir sy trouring terug

Andy Murray het op Twitter gepleit dat die diewe wat sy tennisskoene gesteel het met sy trouring aan een van die veters, die trouring aan hom terugbesorg. Die Brit het sy klam skoene probeer droog kry nĂ¡ ‘n oefensessie voor die Indian Wells-toernooi. Murray het die skoene onder sy motor gelaat omdat sy hotelkamer nie ‘n balkon het nie. Die volgende oggend was dit skoonveld. Murray is in 2015 met Kim Sears getroud en hy speel sedertdien met sy trouring aan sy skoenveters vasgebind.