De Lille het lof vir toerisme-syfers, help met ekonomie

Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is ‘n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat ‘n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê Suid-Afrika het 1,8-miljoen toeriste uit die res van Afrika verwelkom: