Curro-groep dagvaar Claude Bosch

Die Curro-groep, gesetel in Kaapstad en wat plaaslik besigheid bedryf in die vorm van Windhoek Gimnasium, dagvaar die bekende argitek Claude Bosch vir net minder as 931 000 Namibiese dollar. Die maatskappy sê in sy eis dat Bosch aangestel is om toesig te hou oor die bouery van die laerskool. In Januarie 2021 het die skool opgelet dat die dakke van die laerskool klaskamers begin sak het. Die groep het uitgebreide klagtes maar dit kom daarop neer dat hy sê substandaard plafonkappe en ander materiaal is gebruik. Bosch het verdediging aangeteken en die saak sal vandag vir bemiddeling deur regter Nate Ndauendapo gestuur word.