Ekonoom verduidelik die uiters hoë vleispryse

Die jaarlikse gemiddelde inflasie in Namibië het tydens die eerste sewe maande van 2021 tot 3,5 persent gestyg, in vergelyking met die 2,1 persent vir die ooreenstemmende tydperk in die vorige jaar. Die styging in inflasie is hoofsaaklik te wyte aan die voedsel- en vervoerkategorieë. Dit was as gevolg van die aanbodbeperkings, veral vir vleis, en ‘n styging in die internasionale oliepryse. Maandeliks het die algehele inflasie in Julie 2021 tot vier persent gedaal van 4,1 persent in Junie. Die totale inflasie sal na verwagting sowat 3,9 persent wees. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, verduidelik die hoë vleispryse aan Kosmos 94.1 Nuus.