N$830 000 se dwelms in September gekonfiskeer

Die Namibiese polisie het die dwelm-beslagleggingsyfers vir September bekend gemaak. Net minder as 830 000 Namibiese dollar se dwelms is gekonfiskeer met net meer as 78 kilogram dagga, en 214 Mandrax pille, wat die meerderheid uitmaak. ‘n Totaal van 41 gram kokaïenpoeier met ‘n waarde van 20 500 dollar is ook gevind met geringe kokaïenstukkies en Tik wat ook op beslag gelê is. Daar is 92 verdagtes vas in verband met die oortredings waarvan 86 Namibiese burgers is. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van Nampol sê die mag teiken dwelms.