Old Mutual: SA beter af as vier jaar gelede

Die hoof-ekonoom van die Ou Mutual Beleggingsgroep, Johann Els, sê Suid-Afrika is in ‘n beter posisie as vier jaar gelede. Hy sê ekonomiese groei is reeds positief en voorspel ‘n jaarlikse groeikoers van 2,5 persent teenoor die een persent die afgelope jare. Els is van mening die kragplan wat President Cyril Ramaphosa nou voorgestel het, is die belangrikste strukturele hervorming sedert die oorgang na die demokratiese bestel. Volgens hom is die betrokkenheid van die privaat sektor in die ekonomie ‘n skuif na regs van die middelpunt.