Ekonoom gee sy reaksie op staatseffekte-veiling

Die Namibiese regering wil die eerste staatseffekte-veilings vir die maand hou met die doel om teen volgende Woensdag 215 miljoen Namibiese dollar te leen. Volgens die nasionale leen-plan soos vrygestel deur die Bank van Namibië, beplan die regering om vandeesmaand sowat 730 miljoen dollar te leen. Die tesourie moet steeds meer as 5,6 miljard dollar deur staatseffekte leen voor die 2022/23-boekjaar sluit. Salomo Hei ‘n ekonoom en besturende direkteur High Economic Intelligence gee sy mening oor staatseffkte aan Kosmos 94.1 Nuus.