Ekonomie krimp met 8,5 persent vanjaar

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die jaarlikse nasionale rekeninge vir die land bekende gemaak. Die verslag is soos ‘n balansstaat en gee ‘n oorsig oor die stand van die Namibiese ekonomie. Volgens die agentskap, sal die ekonomie vanjaar met ‘n rekord 8,5 persent krimp, die grootste sedert onafhanklikheid. Aanvanklike voorspellings het die inkrimping op 8 persent beraam. Daar is meer as 13 000 werksverliese sedert die begin van die pandemie aangeteken. Die bank van Namibië het vroeër die week groei van 3,4 persent vir 2022 voorspel wat beteken die ekonomie sal eintlik teen minus 5,1 persent groei.