Mapisa-Nqakula word ondersoek vir R5 miljoen-kontrak

Die gewese minister van verdediging in Suid-Afrika Nosiviwe Mapisa-Nqakula word ondersoek omdat sy na bewering omkoopgeld van altesaam 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van ‘n verdedigingskontrakteur ontvang het. Media berig die parlement se staande komitee van verdediging het twee maande gelede ‘n taakspan aangestel om die bewerings te ondersoek. Die voorsitter van die komitee, Mamagase Nchabeleng, sê die ondersoek behoort teen die einde van die maand afgehandel te wees, waarna die taakspan ‘n verslag sal saamstel. Die ANC het Mapisa-Nqakula benoem as die nuwe speaker van die Nasionale Vergadering, met ‘n stemming wat vandag plaasvind.