Walters se kantoor reël mediese hulp aan gevangenes

Die Namibiese ombudsman advokaat John Walters het reeds terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee oor die situasie in die aanhoudingselle op Swakopmund. Gevangenes sê hulle is aangerand na hulle amok gemaak het oor voedseltekorte gepaard met sterk medikasie vir tuberkulose en MIV. Walters sê mediese hulp word op die oomblik ontbied.