Eiendomskenner sê oor plaaslike huispryse

‘n Kenner in die Namibiese eiendomsbedryf het gereageer op huispryse wat wêreldwyd aansienlik gestyg het ná die uitbreek van die Covid-pandemie, maar in Namibië het dit egter gedurende dieselfde tydperk gedaal. Dit volg ná ‘n skerp styging in nasionale huispryse tussen Junie en November 2020. Sedert sy hoogtepunt in Mei 2021, het die FNB-huisprys-indeks in Mei 2022 met 18 persent jaar-op-jaar gedaal. Die nasionale gemiddelde huisprys het volgens FNB van sowat 1,15 miljoen Namibiese dollar in Maart 2021 tot sowat 1,2 miljoen dollar in Maart 2022 gestyg. Thomas Slabbert, senior bestuurder by Joseph en Snyman sê daar is ‘n opwaartse neiging in die eiendomsmark.