Koue sal eers wyk, sê weerkenner

In teenstelling met die vorige weke se warmer weer, is hierdie week bitter koud in die suidelike, sentrale en oostelike dele van Namibië. Dit was nie net yskoud nie, die suidelike gebiede het selfs reën, hael en sneeu gehad. Hierdie koue toestande gaan nie regdeur Julie voortduur nie, met sonnige en matige toestande wat later verwag word. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.