Wasserfall moordsaak skop in hoërhof af

Walvisbaaise moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Junior Mulundu, wat daarvan aangekla word dat hulle Shannon Wasserfall in 2020 vermoor en in ‘n vlak graf in die woestyn net buite Walvisbaai begrawe het, se voorverhoor begin vandag in die hoërhof voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula. Hul saak is volgens die aanklaer-generaal se beslissing na die hoërhof verwys. Volgens die hofrol sal hulle vlugtig voorkom vir saakbestuur om nege-uur. Net daarna sal die geldwassery-saak van die nou-omstrede Michael Amushelelo en sy medebeskuldigde Gregory Cloete ook voor Angula voorkom, en ook vir saakbestuur.