Ees skryf in vir Eurovision


Die Namibiese kwaito-sanger Ees het sy deelname aan die Eurovision-liedjieskryfkompetisie aangekondig. Verskeie Europese kunstenaars verteenwoordig hul land elke jaar in dié kompetisie met suksesverhale soos die Sweedse popgroep ABBA en meer onlangs vir die bekroonde groep Måneskin, met hul treffers soos ‘Zitti e Buoni’ en ‘I Wanna Be Your Slave’.