16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld skop in SA af 

Met die 16 dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld-veldtog wat ook die week Suid-Afrika afgeskop het waarsku die SA Kommissie vir Geslagsgelykheid teen die valslike beskuldiging van ander vir verkragting. Die kommissie sê al die vooruitgang wat teen-geslagsgeweld-veldtogte maak word onnodig in die wiele gery as valse verkragtingsake teen ander gemaak word. Dit volg na die onlangse voorval, waar ‘n leerling aan die Hoërskool Kriel in Mpumalanga selfmoord gepleeg het nadat hy van verkragting deur ‘n ander leerder beskuldig is. Die tienermeisie het later om verskoning gevra en gesê dit was slegs ‘n grap. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…