Verhoor oor Enyobeni-taverne vind in April 2023 plaas

Die verhoor oor die Enyobeni-taverne sal na verwagting op 25 April aanstaande jaar in die landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap begin. Een-en-twintig tieners is in Junie in die taverne dood. Die eienaar, Vuyokazi Ndevu, en haar man, Siyakhangela, staan tereg op aanklagte van die verkoop van alkohol aan minderjariges kinders en dat hulle hul personeel opdrag gegee het om drank aan jongmense te verkoop. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Loxolo Tyali, sê hulle het genoeg bewyse dat die egpaar skuldig is.