Eerste swart, vroulike regter vir VSA se hooggeregshof

Ketanji Brown Jackson is amptelik ingesweer as die eerste swart vrou in die Amerikaanse Hooggeregshof. Haar aanstelling volg ná die aftrede van regter Stephen Breyer. Die 51-jarige Jackson bring besondere ervaring na die hof nadat sy as federale distriksregter en openbare verdediger gedien het. President Joe Biden het Jackson se inhuldiging beskryf as ‘n geskiedkundige dag vir alle jong, swart meisies in Amerika wat nou sien hulle word in die land se hoogste hof verteenwoordig. Sy is ‘n liberale regter en sal geen verskil maak aan die 6-3 meerderheid van konserwatiewe regters nie.