Sanral stel Ontwikkelingsbank om toesig te hou oor verkryging

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika is aangestel om in die toekoms toesig te hou oor verkrygingsprosesse by die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Dit is ‘n poging om die integriteit en wettigheid te verseker van al die tenders wat die instelling toeken. Die raadsvoorsitter van Sanral, Themba Mhambi, het op ‘n nuuskonferensie gesê dit is een van die stappe om die tenders reg te stel wat Sanral weens onreëlmatighede moes kanselleer: