Eerste minister van Maleisië bedank

Die eerste minister van Maleisië, Muhyiddin Yassin, het bedank na maande van onrus nadat sy kabinet die meerderheid verloor het. Hy was in die amp vir slegs 17 maande. Dit is onseker wie verantwoordelik sal wees vir die vorming van ‘n nuwe regering, aangesien daar nie ‘n duidelike meerderheid in die parlement is nie. Dit is egter waarskynlik dat koning Al-Sultan Abdullah ‘n eerste minister sal aanstel vanuit die geledere van die verkose wetmakers. Adjunk-eerste minister Ismail Sabri Yaakon en veteraan-wetgewer Tengku Razaleigh Hamzah is onder die voorste aanspraakmakers.