Cheetah Conservation Fund laat vyf jagluiperds in Erindi vry

Die Cheetah Conservation Fund het vyf jagluiperdmannetjies suksesvol by die Erindi Privaatwildreservaat vrygelaat. Een van die wyfies wat voorheen daar vrygelaat is, se nekband is vervang en sy spog met 15 maande oue welpies. Twee beamptes van die omgewingsministerie was teenwoordig tydens die vrylating. Stigter van die Cheetah Conservation Fund, dr. Laurie Marker, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.