Suid-Afrikaners wat emigreer gaan nóg belasting opdok

Die Nasionale Tesourie het verdere belasting voorgestel vir mense wat van plan is om Suid-Afrika permanent te verlaat. Belastingkundiges by die spesialis-raadgewende-firma, Tax Consulting SA, sê die voorgestelde belasting is vervat in die jongste gepubliseerde Konsepwetsontwerp, en bevat die belastingvoorstelle wat tydens die 2021-begroting gemaak is. Die wysiging onderneem om aftreefondsbelange van individue te belas wanneer hulle die land verlaat. Die bates wat tans aan die uittreebelasting onderhewig is, is buitelandse vaste eiendom, aandele en trusts.