Eendagwedstryd in Jamaika uitgestel

Vandag se eendagwedstryd tussen die Wes-Indiese Eilande en Ierland in Kingston, Jamaika, moes uitgestel word nadat nog twee Covid-19-gevalle in die besoekers se kamp aangemeld is. Die twee beherende liggame sê in ‘n gesamentlike verklaring die gevalle het Ierland se span erg uitgedun nadat drie spelers vroeër die siekte opgedoen het. Nog twee spelers is beseer. Die Windies het Saterdag se eerste kragmeting met 24 lopies gewen. Die derde en laaste wedstryd word vir Vrydag beplan, gevolg deur ‘n eenmalige T20. Die liggame oorweeg alle moontlikhede om die eendagreeks te voltooi.