Skuld jy die Ontvanger? Jy’t tot 31 Januarie…

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het in ‘n nuusbrief ‘n beroep op agterstallige belastingbetalers gedoen om aan die elektroniese indiening van belastingverligtingsprogram deel te neem wat op 31 Januarie 2022 ten einde loop. Idi Itope, die hoof van binnelandse belasting van NamRA, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die program werk.