Mafe nou van terrorisme aangekla, Dali Mpofu verdedig hom

Die Landdroshof in Kaapstad het vanoggend net na tien verdaag tydens die borgtogaansoek van Zandile Mafe wat nou ses aanklagte in die gesig staar. Dit sluit in terrorisme, brandstigting, die besit van ‘n ploftoestel en huisbraak met die doel om te steel. Mafe se nuut aangestelde advokaat, Dali Mpofu, het die verdaging versoek omdat die verdediging drie dokumente van die staat ontvang het. Hy wil die inhoud met Mafe bespreek. Mafe is met skisofrenie gediagnoseer.