Een man vas oor ontvoering van vrou by Ondangwa

Twee mans het volgens die Namibiese polisie die naweek ‘n 38-jarige vrou by Ondangwa ontvoer deur haar in hul voertuig se kattebak te laai. Die slagoffer kon ‘n SMS-boodskap aan haar familie stuur wat die polisie ingelig het. Die polisie het ‘n 28-jarige man naby die padblokkade by Ondangwa in hegtenis geneem en die ander een het weggehardloop. Die polisieondersoek duur voort.