Stad Kaapstad sê parlement se alarmstelsel was foutief

Die Stad Kaapstad sê die brand by die Parlementsgebou kon vroeër onder bedwang gebring word indien die alarmstelsel nie foutief was nie. Die burgemeesterskomteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, verduidelik die brandalarm het eers afgegaan nadat die gebou reeds in ligte laaie was. Brandbestryders het ure lank gesukkel om die brand onder beheer te bring. Smith het laat gisteraand gesê die meeste dele is nie meer aktief dopgehou nie, maar op sommige verdiepings was die hitte steeds versengend.