Keniaanse paleontoloog Richard Leaky (77) sterf

Die vooraanstaande Keniaanse paleontoloog en omgewingsbewaarder, Rickard Leaky, wat wêreldwyd bekend was vir sy fossielontdekkings van onder meer die mens se voorsate in Kenia, is in die ouderdom van 77 oorlede. Keniaanse President Uhuru Kenyatta het Leaky se dood bevestig en sy medelye uitgespreek.