Een Covid-sterfte op Rundu aangemeld

Een Covid-sterfte in die Rundu-distrik is deur die Namibiese gesondheidsministerie aangemeld, asook sewe nuwe gevalle uit 1 288 uitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,5 persent verteenwoordig. In die groep is een leerder. Daar is nou 87 aktiewe gevalle, waarvan 10 pasiënte in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 300 633 persone is ten volle ingeënt.