Trusted Travel System tot 15 Januarie uitgestel

Die Namibiese gesondheidsministerie het op 8 November die Trusted Travel System van stapel gestuur. Dit bied ‘n digitale platform vir die verifiëring en goedkeuring van die uitslae van Covid-toetse van ‘n netwerk van geakkrediteerde laboratoriums, asook gesondheidsowerhede by grensposte. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het gesê Impalila-eiland se grenspos is ook by die stelsel bygevoeg. Hy het beklemtoon dat die oorganstydperk van 1 Desember tot 15 Januarie uitgestel is vir ‘n geleidelike oorgang met die feesseisoen om die draai. Na 15 Januarie sal slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar word.