Namibiese ekonoom: Verhoogde taxi-tariewe sal impak op ekonomie hê

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die Padvervoerraad in die vervoerministerie wat ‘n verhoging van nie meer as 9,2 persent aangekondig het vir openbare passasiervervoer. Dit sal effektief vanaf môre geldig wees en volg weens brandstofprysverhogings wat gelei het tot verhoogde finansiële verliese vir taxi- en bus-operateurs. Robert McGregor verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die styging in taxi-tariewe ‘n impak op die ekonomie sal hê.