Dwelms gevind tydens klopjag in Pollsmoor

Beamptes van korrektiewe dienste in die buurland, in samewerking met lede van die teenbende-eenheid en misdaad-intelligensie, het ‘n klopjag by die Pollsmoor korrektiewe sentrum in Kaapstad uitgevoer. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê hulle het op smokkelgoedere afgekom, insluitende dagga, selfone, laaiers en tuisgemaakte wapens. Thobakgale sê die smokkelgoedere word deur sommige van hul lede ingebring of deur familie tydens besoektyd. Hy sê ‘n beampte en sy dogter is vandeesweek aangekeer nadat hy in besit betrap is van dwelms ter waarde van 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand.